top of page

Net 8% van vroue glo hulle sal gemaklik kan aftree

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28, 2025
  • 1 min read

Nuwe navorsing het aan die lig gebring dat slegs 8% van vroulike aftreefondslede vol vertroue is dat hulle gemaklik sal aftree.

Volgens die Sanlam Maatstaf 2025 Verbruikerstudie vrees 46% van vroue dat hulle nooit genoeg geld sal hê om af te tree nie, terwyl slegs 33% finansieel veilig voel oor hul toekoms.

Die navorsing het aan die lig gebring dat vroue agter raak met aftreespaargeld as gevolg van onder andere onderbroke loopbane weens kraamverlof, laer verdienste en die prioritisering van gesinsbehoeftes bo persoonlike finansiële doelwitte.

 
 
 

Comments


bottom of page