Nog ‘n BKS-geval is in die Mangaung-metro bevestig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Nog ’n geval van bek-en-klouseer is in die Mangaung Metro Munisipaliteit bevestig, wat die totale aantal uitbrake in die Vrystaat op minstens 381 en in die metro op 2 te staan bring.
Volgens die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is tien nuwe gevalle onlangs in verskeie dele van die provinsie aangemeld, insluitend Vrede, Reitz, Tweeling, Boshof en Thaba 'Nchu.
Owerhede sê inentingsprogramme is reeds aan die gang, met duisende entstofdosisse wat toegedien is om verdere verspreiding te beperk.
Bewegingsbeheer en kwarantynmaatreëls bly intussen in plek op plase binne besmette gebiede.
Boere word sterk aangemoedig om enige verdagte gevalle onmiddellik aan staatsveeartse aan te meld om die uitbreking vinniger onder beheer te bring.







Comments