top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nog ‘n geval van Bek- en Klouseer is in die Vrystaat bevestig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 19, 2025
1 min read

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het in ‘n media verklaring ‘n geval van Bek- en Klouseer in die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat bevestig. Luidens die verklaring word die bron van die uitbreking gekoppel aan ’n voerkraal in een van die grensende provinsies. Hierdie geval bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat tot twee. Volgens die departement is alle besmette en blootgestelde beeste van die Bek- en Klouseergeval in Kroonstad op die betrokke plaas suksesvol ingeënt en word die omliggende gebied gemonitor om die omvang van enige moontlike verspreiding te bepaal.

 
 
 

Comments


bottom of page