Nsfas verwerp aantygings van 'n uitermatige studente-uitbetaling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 18
- 1 min read
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) het bewerings wat op sosiale media sirkuleer, verwerp dat ‘n student meer as R630 000 van die skema ontvang het. Nsfas sê die inligting is vals en misleidend.
Die skema sê voorlopige verifikasie dui daarop dat die beeld wat aanlyn sirkuleer, gemanipuleer is en blykbaar deur KI gegenereer. Dit stem nie ooreen met enige wettige Nsfas-transaksie nie.
Nsfas herbevestig dat die student waarskynlik die inhoud vir sosiale media-aandag geskep het.








Comments