NSFAS wag steeds op byna R50 miljard
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Meer as 823 000 mense skuld die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, oftewel NSFAS, byna R50 miljard aan studielenings.
Die lenings is tussen 1991 en 2017 toegestaan voordat die regering in 2018 gratis hoër onderwys vir studente uit arm en werkersklasgesinne ingestel het.
NSFAS sê meer as 551 000 van die skuldiges is tans in diens, maar net 12 760 staatsamptenare het in Junie vanjaar betalings gemaak.








Comments