Ntshavheni sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 24
- 1 min read
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie. Albei lande bly deel van die G20-troika, wat die Verenigde Koninkryk (VK) insluit.
Suid-Afrika behoort saam met die VSA en die VK te werk oor die volgende twee jaar wanneer die G20-voorsitterskap oorneem.
Ntshavheni sê die deelname van ander lande kan nie afgewater word nie, en Suid-Afrika se stem sal gehoor word.
Sy het ook die Withuis-sekretaris Karoline Leavitt se opmerking dat president Cyril Ramaphosa onvleiende uitlatings teenoor die VSA gemaak het, van die hand gewys.
LUISTER:
Khumbudzo Ntshavheni






Comments