Nuwe BKS-gevalle is in die Bloemfontein-gebied aangemeld
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Drie nuwe gevalle van bek-en-klouseer is in die Bloemfonteinse staatsveeartsgebied bevestig, wat die totaal op 30 te staan bring.
Volgens die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake is nog twee nuwe gevalle in Welkom en een in Kroonstad bevestig.
Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 770 te staan.
Van dié gevalle is 551 opgelos, terwyl die eiendomme waarop 219 gevalle nog aktief is, onder kwarantyn is.
Die departement sê hy is bekommerd oor ’n afname in die nakoming van basiese biosekuriteitsmaatreëls. Volgens die departement verhoog dit die risiko dat die siekte tussen naburige eiendomme versprei en kan dit pogings om die uitbraak te beheer, ondermyn.








Comments