Nuwe ontwikkelings wink rondom die Bram Fischer Lughawe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
’n Memorandum van verstandhouding is deur die Mangaung Metro Munisipaliteit en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika onderteken om ontwikkeling rondom die Bram Fischer Internasionale Lughawe te bevorder.
Die stad se bestuurder, Sello More, sê in ‘n plasing op sosiale media die vennootskap kan die lughawe-ontwikkelingsgebied as ’n katalitiese projek vir langtermynbelegging posisioneer.
Dit sluit moontlike ontwikkeling van behuising, ’n winkelsentrum en ander geriewe in.
Die samewerking kan ook toerisme, logistiek, vragvervoer en werkskepping in die Vrystaat ’n hupstoot gee.
Daar word met die ooreenkoms op infrastruktuur- en grondontwikkeling rondom die lughawe gefokus.








Comments