top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nuwe verdienstedrempel hou implikasies vir werkgewers in

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 23
  • 1 min read

Regskenners waarsku dat die nuwe verdienstedrempel vir werkers in Suid-Afrika beduidende implikasies vir werkgewers kan inhou.


Die nuwe drempel, wat op 1 Mei in werking tree, is verhoog na net onder R22 500 per maand.


Werknemers wat meer as dié bedrag verdien, verloor sekere outomatiese beskerming ingevolge arbeidswetgewing, terwyl dié onder die drempel bykomende regte geniet.


Rosestad-nuus het vroeër berig arbeidsregte wat aan dié drempel gekoppel is, sluit in oortydbetaling, betaalde kraamverlof asook outomatiese toegang tot die Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie.


Intussen sê kenners besighede moet hul kontrakte en vergoedingstrukture hersien om nakomingsrisiko’s te vermy.


Ter illustrasie. FOTO: Taxleaders
Ter illustrasie. FOTO: Taxleaders

 

 
 
 

Comments


bottom of page