O’Sullivan se saak word na die Valke verwys
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 17
- 1 min read
Die Parlement se strafsaak teen die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan is na die Valke verwys.
Die Parlement van Suid-Afrika het verlede week klagte ingedien nadat O’Sullivan uit ‘n ad hoc-komitee gestap het. Hy staan tereg aanklagte van minagting van die Parlement en vir die beweerde dreigement van die stafhoof van die polisieminister, Cedric Nkabinde.
Parlementêre regsadviseur Andile Tetyana sê die verwysing beteken dat die beweerde oortredings as nasionale prioriteitsmisdade behandel word.







Comments