top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Okosa hou voet by stuk: Ongebruikte databondels moet een keer gratis oorgedra word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) staan vas by sy nuwe reëls wat telekommunikasiemaatskappye sal dwing om ongebruikte databondels minstens een keer gratis oor te dra. Dit is ondanks hofstappe deur MTN en Vodacom.


Netwerk24 berig ’n Vodacom-woordvoerder sê die regsgeding gaan nie daaroor om teen verbruikersbeskerming gekant te wees nie, maar hulle is bekommerd dat sekere dele van die regulasies dalk moeilik in die praktyk konsekwent toegepas kan word.


’n MTN-woordvoerder sê hulle bly verbind tot regulatoriese sekerheid, wettige administratiewe optrede, regulatoriese gelykheid en die voortdurende bevordering van verbruikersbelange binne Suid-Afrika se telekommunikasiesektor.


MTN sê terwyl die regsproses voortgaan, sal MTN voortgaan om konstruktief en te goeder trou met Okosa te skakel.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page