top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Okosa is bewus van waninligting op sosiale media

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

Updated: 2 days ago

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) is bewus van waninligting wat op verskeie sosialemediaplatforms versprei word.


Okosa se voorsitter, Mothibi Ramusi, het dit gesê terwyl hy Dinsdag die parlement se Portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë toegespreek het. Hy het onthul dat Okosa as ’n proaktiewe maatreël met die Onafhanklike Verkiesingskommissie in gesprek getree het.


Hy sê Okosa sal ook met eienaars van sosialemediaplatforms in gesprek tree oor gebruikersverifikasie en hoe om die skep van inhoud meer identifiseerbaar te maak.


Ramusi voeg by dit kan help om nabootsing, waninligting en vals nuus te bekamp deur diegene wat daarvoor verantwoordelik is, makliker op te spoor.


LUISTER HIER:


Mothibi Ramusi

FOTO: Business Day
FOTO: Business Day

 
 
 

Comments


bottom of page