top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ollie le Roux se huisveiling is op die nippertjie gestaak

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 17
  • 1 min read

'n Halfuur voordat die oud-Springbok Ollie le Roux se huis in Bloemfontein opgeveil sou word, het 'n eiendomsagent belangstellendes meegedeel dat Le Roux en sy vrou binne die huis was en dit gesluit het, en dat die veiling nie sou plaasvind nie.


Netwerk24 berig Le Roux wou egter nie die redes daarvoor bekend maak nie. Volgens hom het hy ’n verklaring gereed gehad wat hy sou uitreik indien die huis wel verkoop sou word.


Eiendomsagente van National Real Estate het gesê gister se veiling sou om veiligheidsredes op 'n latere onbepaalde datum eerder by hul sakeperseel gehou word, en verdere navrae is na prokureurs verwys.


Dit is onduidelik waarom die proses op die laaste oomblik gestaak is – en of dit bloot uitgestel is of heeltemal gekanselleer is. Le Roux wou nie verder kommentaar lewer nie.


Rosestad-nuus het vroeër berig Le Roux se boedel is gesekwestreer en dat sy vyfslaapkamerhuis in Waverley opgeveil sou word. Luidens die veilingsadvertensie is die verkoop deur trustees van sy insolvente boedel gelas.


Ollie le Roux. FOTO: My Players
Ollie le Roux. FOTO: My Players

Comments


bottom of page