top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Om van die huis af te werk kan help om branstof te bespaar

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 26
  • 1 min read

’n Amptenaar by die Departement van Minerale en Petroleumbronne sê werk van die huis af kan een van die maniere wees om die impak van stygende brandstofpryse te verlig.


Die departement se direkteur van brandstofprysmeganismes, Robert Maake, het dié voorstel tydens ’n onlangse werkswinkel gemaak.


Dit kom terwyl ’n verdere styging in petrol- en dieselpryse volgende Woensdag verwag word.


Die departement het egter intussen beklemtoon dat Maake se opmerkings nie die regering se amptelike standpunt of beleid verteenwoordig nie.


Volgens die departement duur gesprekke voort oor brandstofvoorsiening en die breër druk van stygende lewenskoste op Suid-Afrikaners.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page