top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Omstredenheid woed oor ‘n voormalige Grootvlei-gevangene

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Omstredenheid woed voort oor die aanstelling van ’n veroordeelde bedrieër as hoof-uitvoerende beampte van ’n Vrystaatse openbare hospitaal.


Dit nadat hy ’n deel van sy tronkstraf in die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein uitgedien het.


Sunday World berig Zongezile Zumane is in Julie verlede jaar as hoof van die Sinorita Nhlabathi-hospitaal in Ladybrand aangestel.


Zumane is in 2012 saam met ses ander aan bedrog en geldwassery skuldig bevind toe meer as R170-miljoen geplunder is.


Hy is vir bedrog gevonnis en het drie van sy 8-jaar vonnis in die tronk uitgedien voordat hy op parool vrygelaat is.


Volgens die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, is dit moreel en eties verkeerd om ’n veroordeelde persoon in so ’n invloedryke posisie aan te stel.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page