top of page

Onbekende Vrystaatse vrou is onherkenbaar verbrand

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 4, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap vir enige inligting wat kan help om die verdagtes te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op ‘n vrou wie se verbrande liggaam in Bohlokong ontdek is.

‘n Gemeenskapslid het die liggaam van ‘n onbekende vrou Maandagoggend in Fase 7 ontdek. Die slagoffer het steekwonde opgedoen en haar liggaam was onherkenbaar verbrand.

‘n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die presiese oorsaak van dood te bepaal en of sy voor die moord seksueel misbruik is.

ʼn Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê die identiteit van die oorledene bly in hierdie stadium onbekend.

 
 
 

Comments


bottom of page