Ondernemings laat verbruikers in die steek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Al hoe meer Suid-Afrikaners wend hulle tot die Verbruikersgoedere- en Dienstombud vir hulp, maar baie klagtes bly steeds onopgelos omdat ondernemings nie saamwerk nie.
Eyewitness News berig die ombud het gedurende die 2025/26-boekjaar meer as 15 000 klagtes ontvang – 26% meer as die vorige jaar.
Meer as 13 000 sake is afgehandel en byna R13 miljoen is deur terugbetalings en vervangings vir verbruikers verhaal.
Byna een uit elke vyf klagtes wat vir beregting geskik was, moes egter gesluit word omdat ondernemings nie met die ondersoek saamgewerk het nie.
Gebrekkige produkte, probleme met aflewerings en die kansellasie van vaste termynkontrakte was van die grootste oorsake van klagtes. Aanlyn aankope bly ook 'n groot bron van verbruikersklagtes.
Die ombud werk nou saam met die Nasionale Verbruikerskommissie om wetgewing te versterk sodat ondernemings nie die Wet op Verbruikersbeskerming kan ignoreer nie.








Comments