top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onderwysersalarisse is onder die loep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 13
1 min read

Die Staatsamptenarevereniging stem nie saam met ekonoom Dawie Roodt oor sy menings oor onderwysersalarisse nie.


Dit volg op berigte dat Roodt voorgestel het dat die salarisse van opvoeders gehalveer moet word om die regering in staat te stel om meer onderwysers aan te stel.


Die vakbond sê hulle stem egter saam dat meer onderwysers aangestel moet word.


Die vereniging se Claude Naiker sê hulle stem nie saam met die voorstel om die onderwysers se salarisse te sny nie.


LUISTER HIER:


Claude Naiker

Claude Naiker. FOTO: PSA
Claude Naiker. FOTO: PSA

 
 
 

Comments


bottom of page