top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onsekerheid heers oor die impak van die nuwe VSA-visumbeperkings op SA parlementslede

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago
1 min read

Onsekerheid heers oor wat die impak van die nuwe Amerikaanse visumbeperkings sal wees, en hoe dit Suid-Afrika se parlementslede wat ook in die regering dien, sal raak.


Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, en haar adjunk, Annelie Lotriet, sê hulle kan maar net wag en sien hoe ver die beperkings sal strek om regeringsministers en hul families te teiken oor die land se transformasiewette.


Lotriet sê hulle het nie veel inligting oor die implikasies van die nuwe visumbeleid wat op die Suid-Afrikaanse regering gemik is nie. Didiza sê wat Suid-Afrika gedoen het en steeds doen, is om met die VSA in gesprek te bly.


EWN berig die voormalige ambassadeur in die VSA, Ebrahim Rasool, sê die VSA tree op grond van die advies van organisasies soos AfriForum op, wat hom al jare lank by dié land geskaar het. Hy het nie uitgesluit dat leiers van die ANC geteiken kan word nie, danksy organisasies soos AfriForum.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page