top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Onwettige mynwerkers in die Vrystaat word vasgetrek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 3, 2025
1 min read

Die polisie in die Vrystaat het drie afsonderlike dossiere van poging tot diefstal van staatsminerale, betreding en onwettige mynbou geopen. Dit is nadat drie buitelandse burgers vir die onwettige ontginning van staatsminerale by die Kopanang-myn in hegtenis geneem is. Die eerste verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van 18kg se goudhoudende amalgaam, asook smokkelkosse wat hy beweer hy vir goudhoudende materiaal by onwettige mynwerkers ondergronds verruil het. Die tweede en derde verdagtes is naby Hani Park in besit van goudhoudende amalgaam van sowat 2kg aangekeer. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page