Opposisiepartye blameer die munisipaliteit vir geen Springbok-rugby in Bfn
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 29, 2025
- 1 min read
Bloemfontein se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, en die munisipale bestuurder, Sello More, se versuim om betyds ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) te finaliseer, het direk bygedra tot waarom die stadion nie vir Springbok-toetswedstryde in 2026 oorweeg word nie.
Netwerk24 berig dit is volgens ’n verklaring van opposisieraadslede in die Mangaung-metroraad. Volgens DA-raadslid, Dirk Kotze, sal formele vrae in die raad gevra word om duidelikheid te kry oor die onderhandelinge, die redes vir die vertragings, die finansiële implikasies en wie aanspreeklik is.
Die Mangaung-metro verwerp egter dié bewering. More sê die munisipaliteit het “konstruktiewe stappe” geneem om die stadion se vereiste kategorie-standaarde te herstel en in stand te hou.
Hy sê die vereiste stadioninspeksie is reeds afgehandel en die fasiliteit is gereed om in die volgende toekenningsiklus van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie oorweeg te word.







Comments