top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Orang-oetangs in Indië lei na ondersoeke van smokkelary 

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
3 hours ago
1 min read

Vyf baba-orang-oetangs is Dinsdag in ’n woud in Indië se oostelike deelstaat Odisha gevind, duisende kilometers van hul natuurlike habitat af.


Dit het tot ’n ondersoek gelei na hoe hulle daar beland het.


Die BBC berig orang-oetangs is nie inheems aan Indië nie, en die kritiek bedreigde ape kom in die natuur slegs in Indonesië en Maleisië voor.


Odisha se minister van woude het gesê ondersoekers kyk na die moontlikheid dat die diere deur ’n internasionale smokkelnetwerk die land ingebring en naby ’n hoofweg agtergelaat is.


Die orang-oetangs het noodhulp ontvang en is in kwarantyn is en word gemonitor.


FOTO: BBC
FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page