Oranje skitter in die top 20 Afrikaanse skole
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 21
- 1 min read
Die C & N Meisieskool Oranje in Bloemfontein is onder die land se top 20 Afrikaanse skole.
Nova News berig Oranje beklee die elfde plek, en is die enigste Vrystaatse skool in die top 20. Die Hoër Meisieskool Bloemhof staan in die eerste plek, en in die tweede plek is Hoër Meisieskool Paarl.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik die Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat aan die Solidariteit-beweging verbonde is, het verlede week dié skole bekend gestel.
LUISTER:
Intussen berig Newskoop die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het by die onderwys lekgotla gesê dat geletterdheids- en syfervaardighede in die Suid-Afrikaanse onderwys meer dringende aandag moet geniet.
Sy sê die werklikheid van hierdie probleem kan regdeur die skoolstelsel gesien word, wat uiteindelik matriekuitkomste vorm.







Comments