top of page

Matriekuitslae sal gepubliseer word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 8
  • 1 min read

Die departement van basiese onderwys sê die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat- uitslae sal op 13 Januarie in geakkrediteerde koerante gepubliseer word.


Die uitslae sal met slegs eksamennommers en uitslae, sonder name of ID-nommers wees. Die departement sê dit voldoen aan ‘n hofbevel van 2022 en balanseer toeganklikheid met die beskerming van leerders se persoonlike inligting.


Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die departement het ook bevestig dat dit die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl sal teenstaan, en sê dat dit geen redelike vooruitsigte op sukses het nie.


LUISTER:


Terence Khala

Ter illustrasie. FOTO: Elroi Academy
Ter illustrasie. FOTO: Elroi Academy

Comments


bottom of page