top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Organisasies werk saam om VS paaie reg te ruk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 20
  • 1 min read

Infrastructure South Africa, AgriSA en Agbiz gaan ’n memorandum van samewerking onderteken om die vervalle toestand van kritieke landboupaaie in die Vrystaat reg te ruk.


Netwerk24 berig dié memorandum word Saterdag by die Peritum Agri Institute in Bloemfontein onderteken. Dit beoog om ’n innoverende, data-gedrewe aanvoorprojek te ontwikkel om kritiek belangrike landboupaaie in die Vrystaat te identifiseer en te prioritiseer.


Die plegtigheid sal gelei word deur die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, en die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die aankondiging volg op maande se gesprekke oor die verslegtende toestand van paaie in kernlandboustreke in die Vrystaat.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die doeltreffende vervoer van landboukommoditeite – van plase na silo’s, verwerkingsaanlegte en uiteindelike markte – is afhanklik van ’n betroubare provinsiale padnetwerk. Volgens die instellings dra die uitdagings met infrastruktuur by tot hoër voertuigbedryfskoste, vertragings in logistieke kettings en breër ekonomiese ondoeltreffendhede. Die memorandum van samewerking sal ’n gestruktureerde raamwerk skep om gesamentlike modellering en prioritisering van padkorridors te rig.


Die woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, Hillary Mophethe, het nie gereageer nie.


FOTO: Parys Gazette
FOTO: Parys Gazette

 
 
 

Comments


bottom of page