top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Padsterftes in die Vrystaat styg

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Meer as 400 mense is tussen 1 Januarie en 26 Julie vanjaar op Vrystaatse paaie oorlede. Dit is 56 meer as dieselfde tydperk verlede jaar, toe 351 padsterftes aangeteken is.


Dit beteken padsterftes in die provinsie het met 16 persent toegeneem.


Die Thabo Mofutsanyana- en Fezile Dabi-distrikte is verantwoordelik vir twee derdes van die provinsie se padsterftes.


Die syfers is tydens 'n belanghebber-betrokkenheidsessie oor padveiligheid in Bloemfontein bekend gemaak.


Volgens die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, moet gesprekke nie daaroor gaan om iemand te blameer nie, maar eerder om langtermynoplossings te vind.


Die Vrystaatse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, voeg by dat een lewe wat verlore gaan, een te veel is en dat hy vol vertroue is dat praktiese oplossings gevind sal word.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page