Pandor se uitsprake oor Akademia word gekritiseer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 15
- 1 min read
Die VF Plus het die voormalige minister van Hoër Onderwys, Naledi Pandor, se kommentaar oor die private Afrikaanse universiteit Akademia gekritiseer.
Die party sê die kommentaar kom terwyl die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) bewerings van ongemagtigde konsultantbetalings, probleme met verblyftoelaes en swak administrasie in die gesig staar.
Volgens die VF Plus se Wynand Boshoff ken die staat R54-miljard aan Nsfas toe, terwyl Akademia ongeveer R3 miljard uit private bronne vir sy nuwe kampus ingesamel het.
Hy voeg by privaat befondsde Afrikaanse onderwys moet nie uitgebeeld word as ‘n poging om voorregte te bewaar nie.
LUISTER HIER:
Wynand Boshoff (2)







Comments