Parko die polisiehond bring die polisie se plan – en nuwe voertuie

Toe Parko, die vierjarige Belgiese herdershond van die Bloemfonteinse K9-soek-en-reddingseenheid, Woensdag per helikopter die polisie se operasionele plan vir 'n veiliger feestyd aflewer, is daar ook 104 nuwe operasionele voertuie aan die polisie oorhandig.
Van dié voertuie is aan die eenhede vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe toegeken om die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te versterk.
Volgens 'n verklaring is die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat se veiliger feestyd-operasies vir 2026-'27 Woensdag amptelik in Bultfontein van stapel gestuur.
Parko is deur adjudant-offisier Swannie Swanepoel hanteer. Rosestad-nuus het vroeër berig die unieke oorhandiging simboliseer die SAPD se gereedheid, toewyding en verbintenis tot hul taak, en die belangrike bydrae van gespesialiseerde K9-eenhede tot misdaadvoorkoming.











Comments