Parlement wil ‘n groter sê hê

Oct 5
1 min read
Parlement wil ’n groter sê hê wanneer die Nasionale Tesourie geld van munisipaliteite terughou.
Volgens SABC News werk die Parlement aan regulasies wat vereis dat Tesourie voortaan die Parlement se goedkeuring kry voordat fondse weer teruggehou word.
Tesourie het vroeër vanjaar billike-aandele-toekennings aan 69 munisipaliteite teruggehou weens beweerde finansiële wanbestuur en nie-nakoming van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.
Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê inwoners wat op dienslewering staatmaak, moet nie weens amptenare se optrede daaronder ly nie.









Comments