top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Parlementslede stamp koppe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 12 hours ago
  • 1 min read

Parlementslede het koppe gestamp oor die vraag of DA-LP Ian Cameron homself as voorsitter van die Polisieportefeuljekomitee moet onttrek.


Dit volg op bewerings by die Madlanga-kommissie dat Cameron verbind word met 'n beweerde komplot deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie om die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, te verwyder.


Die MK-party se Vusi Shongwe wil hê Cameron moet hom onttrek totdat hy sy naam skoongemaak het.


DA-LP Lisa Schickerling het Cameron egter verdedig en gesê Shongwe moet sy bekommernisse skriftelik indien.


Cameron ontken dat hy deel was van enige komplot teen Masemola en het die bewerings afgemaak.


Ian Cameron. FOTO: Facebook
Ian Cameron. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page