top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Passassiers is veilig na ‘n sekuriteitsdreigement op ‘n vliegtuig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
19 hours ago
1 min read

Die 182 passassiers en ses bemanningslede aan boord vlug FA388 van FlySafair is veilig ná 'n moontlike veiligheidsbedreiging Woensdagoggend.


Die vlug was van Johannesburg na Oos-Londen onderweg, en het veilig by die King Phalo-lughawe geland.


Volgens 'n verklaring op FlySafair se webtuiste is alle betrokke owerhede onmiddellik in kennis gestel. ’n Multidissiplinêre reaksiespan was op die toneel, en die vliegtuig is ingevolge standaardveiligheidsprotokolle teruggehou.


Geen vlugte is as gevolg van die voorval gekanselleer nie, en alle ander FlySafair-bedrywighede verloop normaal.


Die lugredery sê die veiligheid van sy passasiers en bemanning bly sy hoogste prioriteit.


Ter illustrasie. FOTO: News24
Ter illustrasie. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page