Perdesport: Byna 700 perde en ruiters is hierdie week in die Vrystaat in aksie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 7
- 1 min read
Byna 700 perde en ruiters is hierdie week in die Vrystaat in aksie by die AfriDome in Parys vir die nasionale en internasionale Western Mounted Games-kampioenskappe.
Die nasionale afdeling, wat deur die South African Western Mounted Games Association (SAWMGA) aangebied word, het Maandag afgeskop, terwyl die Cup of Nations van Woensdag tot Vrydag plaasvind.
Ruiters van al nege provinsies van Suid-Afrika neem deel, met internasionale spanne van Zimbabwe, Botswana en Engeland wat hulle die stryd aansê.
Volgens Hennie Mey, president van SAWMGA, sal sowat 40 beoordelaars, insluitend een van Botswana, die verrigtinge evalueer.
Toegang tot die kampioenskappe is gratis, en die publiek kan elke dag van 07:30 tot 17:00 die aksie volg. ’n Kleurryke ruitersparade sal Woensdagoggend om 07:00 plaasvind voor die internasionale kompetisie amptelik begin.






Comments