top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Petrol kos meer as R30 per liter

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 6
1 min read

Motoriste sal vir die eerste keer meer as R30 per liter vir petrol betaal wanneer die nuwe brandstofpryse Woensdag in werking tree.


Volgens Maroela Media sal 95-oktaanpetrol vir R30,25 per liter in die binneland verkoop word, terwyl 93-oktaanpetrol R29,88 per liter sal wees.


Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% sal Woensdag R31,95 per liter beloop, terwyl die 0,005%-variant R31,08 per liter sal wees.


Intussen sê Cosatu die jongste brandstofprysverhoging is ’n terugslag vir die werkersklas en die ekonomie.


Volgens Cosatu se Matthew Parks behels die verhoging meer as net ’n kwessie van brandstofpryse.


Matthew Parks

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page