top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Peyper se sekwestrasie-keerdatum is verleng

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 5
  • 1 min read

Die keerdatum vir die finale sekwestrasie van die sanger Brendan Peyper is in die hooggeregshof in Pretoria met twee maande verleng.


Peyper is in November verlede jaar voorlopig gesekwestreer oor sake wat handel oor die mislukte Loslit-fees in 2023. Die hof het toe gelas dat hy teen 2 Maart redes aan die hof moes verskaf oor hoekom die bevel nie finaal gemaak moet word nie.


Netwerk24 berig Peyper se regsverteenwoordiger, Eloise Cilliers, sê die partye het ooreengekom om die saak na die eerste beskikbare datum op die opponerende rol uit te stel. Na wat betroubaar verneem word, hoop die partye glo om ’n skikking in die voortslepende sage te bereik.


Peyper, wat na bewering ’n vennoot in die musiekfees was, se voorlopige sekwestrasie het gekom nadat Eduard Hugo, eienaar van SA Concerts, ’n aansoek gebring het weens skuld wat Peyper glo nie kon vereffen nie. Die fees het 'n verlies gely. Hugo het aangevoer Peyper het ingestem om ’n 50/50-ooreenkoms aan te gaan, waarin hulle albei gelyk in die winste sou deel en die risiko ook dus 50/50 dra.


Toe die rekeninge van die uitgawes agterweë bly, het Peyper egter die beweerde ooreenkoms tussen hom en Hugo betwis.


Brendan Peyper. FOTO: Jacaranda FM
Brendan Peyper. FOTO: Jacaranda FM

Comments


bottom of page