top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Poste by die Bfn dieretuin word geadverteer

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 9
  • 1 min read

Die werwingsproses vir personeel vir die Bloemfontein-dieretuin het begin.


Netwerk24 berig die waarnemende hoofwoordvoerder van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Nicolette Maysiels, sê die poste is vir goedkeuring ingedien, en sommige poste is ekstern geadverteer om geskikte personeel te lok.


Geen diere is egter nog aangekoop of verkry nie. Dit sal eers gebeur nadat al die inspeksies en voldoeningsvereistes vir permitte afgehandel is. Maysiels sê die spesifieke soort diere wat vir die dieretuin verkry sal word, sal later bepaal word in ooreenstemming met regulatoriese vereistes, oorwegings rakende dierewelsyn en die finale operasionele plan vir die dieretuin.


Maysiels sê die metro se begroting word tans hoofsaaklik aangewend om infrastruktuur- en nakomingskwessies op te los wat vir die heropening van die dieretuin nodig is.


FOTO: Tripadvisor
FOTO: Tripadvisor

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page