top of page

Pretorius verwerp bewerings oor die Lourierpark-hofsaak

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 19
  • 1 min read

Die DA verwerp bewerings deur die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, dat die party se hofsaansoek in Lourierpark oor politieke beheer gaan.


In ’n persverklaring het die DA se Mangaung-burgemeesterskandidaat, Werner Pretorius, gesê die aansoek is gebring om inwoners te beskerm en verantwoordelike ontwikkeling te verseker.


Pretorius meen die metro moet duidelikheid gee oor nakoming van sy eie wetgewing en beplanning.


Pretorius voeg by dat behoorlike finansiële bestuur en beplande ontwikkeling noodsaaklik is om volhoubare behuising in die stad te verseker.


Werner Pretorius. FOTO: Facebook
Werner Pretorius. FOTO: Facebook

 

Comments


bottom of page