Punch die apie het 'n nuwe spesiale maatjie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Punch, die wees-apie van die Ichikawa-dieretuin in Japan, maak nou maatjies.
Punch is by geboorte deur sy ma en ander makaak-ape verwerp, en het internasionaal aanhangers gekry toe sy storie gedeel is. Hy was van 'n oerang-oetang-speelding afhanklik om te leer hoe om vas te klou – 'n vaardigheid wat noodsaaklik is vir makaak-apies se oorlewing.
Plasings op sosiale media het ook gewys hoe Punch deur ander ape weggejaag word, en hy dan alleen na sy speelding terugkeer.
CNN berig Punch nou is nie meer so afhanklik van sy oerang-oetang-speelding soos vroeër nie. Hy is al gesien in die geselskap van ander ape, hy klouter oor hulle, en kry selfs drukkies – vernaam van een spesifieke vroulike apie af.
Mint berig haar naam is blykbaar Momo-chan, en baie mense noem haar nou Punch se "meisie".








Comments