Ramaphosa beloof om by die WVF in te gryp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 9
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het belowe om in te gryp en te help om die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) reg te ruk. Dit kom terwyl miljoene Suid-Afrikaanse werkers maande – en soms jare – wag vir geld wat aan hulle verskuldig is.
Nova News berig die Presidensie sê Ramaphosa het met georganiseerde arbeid vergader om die krisis by die WVF en die Vergoedingsfonds, wat werkers dek wat tydens hul werk beseer of siek word, te bespreek. Die WVF is geknou deur 'n problematiese oorskakeling na 'n nuwe aanlyn eise-stelsel, 'n groeiende agterstand van eise en jarelange bestuursprobleme.
Busa het vroeër die Minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, versoek om die WVF onder administrasie te plaas.
Hoewel Ramaphosa se betrokkenheid daarop dui dat die regering nou die omvang van die krisis erken, sê die Departement van Indiensneming en Arbeid dat geen formele versoek om die WVF onder administrasie te plaas nog op die president se lessenaar beland het nie.








Comments