Ramaphosa bly in sy amp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 8 hours ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sal nie bedank nie.
Ramaphosa het Maandagaand in ’n regstreekse televisieboodskap aan die nasie gesê daar is niks in die konstitusionele hof se uitspraak van verlede week dat hy moet bedank nie.
Netwerk24 berig hy gaan wel die verslag van die onafhanklike paneel oor die Phala Phala-gebeure op hersiening neem. Die hof het beslis dat die parlement se verwerping van die onafhanklike artikel 89-paneel se verslag in die verband ongeldig was.
Ramaphosa sê hy oefen sy reg ingevolge die Grondwet uit om die verslag op hersiening te neem. Dit is ook in ooreenstemming met die beginsel van die oppergesag van die reg.
Volgens Ramaphosa is daar ’n goeie kans dat ’n hof die verslag gebrekkig sal bevind. Hy meen getuienis berus op hoorsê en daar kan fout gevind word met die manier waarop die paneel tot sy slotsom gekom het.
Ramaphosa het ontken dat hy ernstige oortredings begaan het, die Grondwet oortree het of die amp van sy kantoor in oneer gebring het.








Comments