SA neem die leiding by die G20 met Ramaphosa aan die stuur
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 3, 2024
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het vanoggend Suid-Afrika se presidentskap van die G20 in die Parlement bekendstel. SABC News berig dat Brazilië se president, Lula da Silva, het verlede maand tydens ’n G20-beraad in Rio de Janeiro die presidentskap aan Ramaphosa oorhandig. Kwessies waarop die presidentskap gaan fokus, sluit in die aanspreek van armoede, werkloosheid en die bevordering van Afrika se ontwikkeling. Suid-Afrika sal die G20-beraad aanbied onder die tema: “Bevordering van solidariteit, gelykheid en volhoubare ontwikkeling.” By verlede week se Cape Town Conversation-konferensie, wat deur die Thabo Mbeki-stigting gehou is, het adjunkpresident Paul Mashatile gesê die land sal sy presidentskap gebruik om Afrika se ontwikkeling voorkeur te gee.






Comments