Ramaphosa kanselleer Spanje-werksbesoek vir DA
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het sy werksbesoek aan Spanje gekanselleer om aandag te gee aan die DA se dreigemente om van die Nasionale Dialoog te onttrek. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die DA se bewerings dat die Nasionale Dialoog ‘n verkiesingsfoefie is, verwerp. Mbalula sê die dialoog is ‘n burgerlike samelewingsinisiatief wat daarop gemik is om die behoeftes en bekommernisse van Suid-Afrikaners aan te spreek. Mbulala het gister die media by die party se OR Tambo-verkiesingskonferensie toegespreek. Hy beklemtoon dat die dialoog nie ‘n ANC-geleide inisiatief is nie. LUISTER:





Comments