top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa kom Bloemfontein besoek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 10
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa en lede van die nasionale kabinet kom Bloemfontein besoek.


Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, sê in ‘n meidaverklaring die besoek is vir die einde van die maand by die Eeufeeskompleks op die Universiteit van die Vrystaat geskeduleer.


Volgens die premier vorm die besoek deel van pogings om samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike regering te versterk.


Verskeie sake sal na verwagting bespreek word, insluitend ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en ingrypings by munisipaliteite wat tans onder administrasie is.


Die provinsiale regering sê die besoek sal ook ’n geleentheid bied om projekte in die hernubare-energie sektor en ander beleggingsgeleenthede in die Vrystaat uit te lig.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page