top of page

Ramaphosa ontvang ‘n eredoktorsgraad

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 27
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê hy aanvaar die eredoktorsgraad wat hy van die Universiteit van Malaya in Maleisië ontvang het, met groot nederigheid.


Die president is tans op ’n werksbesoek aan Maleisië om diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande te versterk.


Die universiteit het Maandag die eredoktorsgraad in erkenning van sy visionêre leierskap in nasionale ontwikkeling aan hom toegeken.


Dit eer ook Ramaphosa se toewyding aan demokrasie en menseregte, veral sy voorspraak vir die Globale Suide en die Palestynse volk.


Ramaphosa sê dat hoewel die toekenning in sy naam gemaak is, dit Suid-Afrika se stryd vir demokrasie en vryheid simboliseer.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook


Comments


bottom of page