Ramaphosa spreek die Mkhwanazi-bewerings aan
- Armando Pieters

- Jul 11
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sal Sondag die nasie toespreek na aanleiding van bewerings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal oor senior politieke- en polisieleierskap. Ramaphosa se toespraak kom presies ‘n week nadat luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi die minister van polisie, Senzo Mchunu, daarvan beskuldig het dat hy met kriminele netwerke geassosieer word en in polisie-ondersoeke inmeng. Mkhwanazi het soortgelyke beskuldigings teen die adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, gerig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president se boodskap sal op verskeie platforms uitgesaai en gestroom word.





Comments