Ramaphosa stel SA'ers gerus oor rampbestuur
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 8 hours ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het sy diepe hartseer uitgespreek oor die verlies van ten minste 10 lewens wat verband hou met erge weer wat verskeie provinsies raak.
Swaar reën, oorstromings, donderstorms, sterk winde en sneeuval het infrastruktuur beskadig, noodsaaklike dienste ontwrig en gemeenskappe uit hul huise gedwing.
Rosestad-nuus het vroeër berig die regering het ook ‘n nasionale ramptoestand verklaar.
Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa verseker die nasie dat nasionale, provinsiale en munisipale owerhede met gemeenskappe sal saamwerk om die gevolge van die ramp aan te spreek.
LUISTER HIER:
Vincent Magwenya








Comments