Ramaphosa wil gereelde samewerking met die Wetenskaplike Raad hê
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 9
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê die regering moet gereeld met die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing saamwerk. Volgens Newskoop het Ramaphosa dit Dinsdag tydens sy hoofrede by die raad se 80ste bestaansviering gesê. Hy het die instituut se wetenskaplike navorsing en bydrae tydens die COVID-19-pandemie geloof. Die instituut het saam met die Departement van Gesondheid gewerk om ’n elektroniese inentingsdatastelsel te ontwikkel en te implementeer om COVID-19-inentings aan te teken. Ramaphosa sê die raad sal binnekort met die kabinet vergader om toekomstige samewerking te bespreek.





Comments