Registrasie is nou verpligtend by Bloem se stortingsterreine
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 11
- 1 min read
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het aangekondig dat registrasie voortaan verpligtend is vir alle herwinbare materiaalversamelaars wat by die metro se stortingsterreine werksaam is.
Volgens ’n openbare kennisgewing volg die besluit ná verskeie brande en berigte van kriminele aktiwiteite by die terreine.
Die doel is om veiligheid te verbeter, onwettige optrede te beperk en te verseker dat die stortingsterreine ordelik en veilig bly.
Versamelaars moet onder meer ’n gesertifiseerde ID-kopie en kontakbesonderhede indien, terwyl skrootmetaalversamelaars ook ’n geldige permit moet voorlê.
Alle dokumentasie moet teen 20 Februarie by die weegbrugkantoor ingehandig word.
Die munisipaliteit sê die maatreël is deel van pogings om beter beheer en veiligheid by die terreine te verseker.








Comments