top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Regstappe kan BKS-inentings vertraag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 30
  • 1 min read

Updated: Mar 31

Regstappe teen die voorgestelde bek-en-klouseer-inentingskema kan verdere vertragings in die veldtog veroorsaak.


Volgens Maroela Media waarsku die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) dat optrede deur veeartseny-liggame die proses kan kniehalter. Die dispuut spruit uit die konsepplan wat vereis dat veeartse bykomende goedkeuring moet kry om aan die program deel te neem.


Die organisasie beklemtoon egter dat die dokument nie die finale weergawe van die skema is nie. Daar is volgens die RPO ook wanopvattings oor die rol van Rooivleisbedryfsdienste, wat bloot ’n fasiliterende en administratiewe rol speel. Die organisasie waarsku dat die veebedryf nie verdere vertragings kan bekostig nie en doen ’n beroep op rolspelers om op feite te fokus.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page