top of page

Regter Loubser druk vir vordering in die Vrystaatse asbes-verhoor

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het Maandag kortliks gesit in die langlopende asbes-tendersaak, met die voorsittende regter wat duidelik gemaak het dat verdere vertragings nie geduld sal word nie.


Volgens News24 het Regter Phillip Loubser gesê onredelike uitstel sal die belange van geregtigheid, sowel as dié van die staat en beskuldigdes, benadeel.


Die saak teen voormalige premier Ace Magashule en verskeie mede-beskuldigdes spruit uit ’n 2014-projek van sowat R255 miljoen om asbesdakke by lae-inkomstehuise in die Vrystaat te verwyder.


Volgens aanklagte is die tender onreëlmatig toegeken en is die werk nooit voltooi nie.


Die eerste getuie sal na verwagting Dinsdag getuig.


Ace Magashule. FOTO: News24
Ace Magashule. FOTO: News24

Comments


bottom of page