Repatriasie van immigrante kos reeds byna R300 miljoen
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die repatriasie van ongedokumenteerde immigrante het die land reeds net minder as R300 miljoen gekos.
Volgens die Grensbestuursowerheid, oftewel die GBO, is die grootste deel van die geld aan die huur van busse bestee om immigrante na die tydelike repatriasiesentrum in Musina in Limpopo te vervoer.
Die GBO het Dinsdag aan die parlement onthul dat meer as 4 000 immigrante te midde van die grootskaalse repatriasie steeds probeer het om die land onwettig binne te kom.
Die Departement van Binnelandse Sake gaan luidens berigte probeer om van die koste terug te kry van die lande waarheen die immigrante gerepatrieer is.








Comments